Donker newel

LDN 483 is sowat 700 ligjare van ons af in die sterrebeeld Slang.[1]

’n Donker newel of absorpsienewel is ’n soort newel wat so dig is dat dit die lig van voorwerpe agter hulle, soos sterre en emissie- en refleksienewels, blokkeer. Die blokkering word veroorsaak deur interstellêre stofdeeltjies. Swerms en groot donkernewelkomplekse word verbind met reuse- molekulêre wolke. Geïsoleerde, klein donker newels word Bok-newels genoem (na die sterrekundige Bart Bok). Nes met ander interstellêre stof of materiaal, is voorwerpe wat dit verberg net sigbaar danksy radiogolwe of infrarooilig.

  1. "The dark nebula LDN 483". www.eso.org (in Engels). European Southern Observatory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op 14 Januarie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search